SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 número1Programmes of frivolity on ice? Hockey, business, diasporic identity and apartheid in South Africa, 1936-1992 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

KAUMA, Bryan  y  SWART, Sandra. Hunger and power: Politics, food (in)security and the development of small grains in Zimbabwe, 2000-2010. Historia [online]. 2022, vol.67, n.1, pp.144-176. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/v67n1a6.

Witmielie-sadza is die stapelvoedsel van die meeste mense in Zimbabwe. Tog, oor die dekade van die 2000s, is die verbruik daarvan deur droogte bedreig met gevolglike akute voedseltekorte. Kleingrane - sorghum en rapoko - het uitkoms vir dreigende hongersnood en burgerlike onrus gebied. Maar soos in hierdie artikel geargumenteer word, het die toegang tot kleingrane toenemend verstrengel geraak in "n politieke stryd tussen die regerende ZANU PF-regering, die ontluikende opposisieparty en gewone burgers. Ons gebruik die verhaal van kleingrane tussen 2000 en 2010 om aan te toon hoe voedsel-(on)sekerheid 'n politieke vorm aangeneem het, wat gewelddadige botsings tussen politieke en sosiale aanspraakmakers / mededingers aangestig het. Ons argumenteer dat verskeie politieke en sosiale elites in staat was om rykdom en mag te bekom en beheer oor die sosio-politieke diskoers rondom voedselsekerheid tydens die krisisjare uit te oefen. Hoewel die staat 'n reeks oënskynlik goedbedoelde en soms selfs populêre voedselinisiatiewe soos Operasie Maguta en BACOSSI ingestel het, was hierdie voedselsekerheidsmaatreëls dikwels ad hoc, tydelik en het ironies genoeg 'n nadelige langtermyn-impak op plaaslike graanproduksie en voedselbeskikbaarheid gehad. Die regering het deur belangrike semi-staatsinstellings soos die Graanbemarkingsraad en die Reserwebank van Zimbabwe gewerk om hulpbronne en voedselondersteuning aan regerende partylojaliste toe te ken. In hierdie tydperk was die ZANU PF-regime hoofsaaklik gefokus op die behoud van sy kwynende politieke mag en manière vir persoonlike verryking ten koste van voedselsekerheid in die land. Hierdie artikel demonstreer hoe 'n antropogenies-geïnduseerde 'hongersnood' ZANU PF se beheer oor die samelewing effektief verleng het - maar ons toon ook aan hoe 'gewone mense' teruggeveg het teen president Robert Mugabe se 'groot manne/elite' deur 'kleingrane' te verbou en te verbruik.

Palabras clave : kleingrane; sorghum; rapoko; mielies; voedselgeskiedenis; voedselsekerheid; ZANU PF; FTLRP; Mugabe; Zimbabwe.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons