SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

SIMABWACHI, Miyanda. Creation and Preservation of Business History: The Selection Trust and Anglo-American Corporation Archives in Zambia's Copperbelt. Historia [online]. 2022, vol.67, n.2, pp.90-115. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2022/V67N2A4.

Op grond van oorspronklike argivale navorsing en mondelinge onderhoude, stel hierdie artikel ondersoek in na die totstandkoming van argiewe, en bepaald die bewaring van die multinasionale mynmaatskappye, Selection Trust (ST) en Anglo-American Corporation (AAC), se geskiedenis in Zambië se koperbelt streek tussen 1922 en 2000. Dié multinasionale maatskappye se investering van buitelandse kapitaal in die koperbeltstreek sedert die 1920's het ook die oprigting en formele bewaring van besigheidsargiewe in die koperbelt ingelui. Hierdie artikel voer aan dat, alhoewel die ST en ACC-argiewe in privaatbesit was, en met die uitsluitlike doel om korporatiewe belange en administratiewe doeltreffendheid te bevorder, het die dokumente openbare eiendom geword danksy Zambië se politieke onafhanklikheid en die nasionalisering van die mynbedryf in die 1960's. In die vroeë-1970's het die United National Independence Party (UNIP) Zambië se myne ten volle genasionaliseer en die twee multinasionale maatskappye saam laat smelt om die Zambia Consolidated Copper Mines (ZCCM) te vorm. Daarna is die ST en AAC-argiewe in 1982 saamgevoeg. Ná die volledige privatisering van die mynbedryf in 2000 het die mynargiewe weer privaatbesit geword. Hierdie artikel verskaf nuwe en belangrike insig wat betref die mag en die rol van politieke- en ekonomiese verskuiwings op 'n plaaslike- en streeksvlak, en die uitwerking daarvan op die aard en identiteit van besigheidsargiewe in Zambië.

Palabras clave : Argiefoprigting; argiefbewaring; Rhodesia Selection Trust; Anglo-American Corporation; besigheidsargiewe; Zambia Consolidated Copper Mines; mynbedryf; nasionalisering; privatisering.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons