SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SCHOEMAN, Marinus. Die liberale welsynstaat: demokrasie of merito krasie?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.01-14. ISSN 2224-7912.

Pogings om die liberale welsynstaat te hervorm skyn futiel te wees. Wat nodig is, is 'n afskeid van die terapeutiese model en 'n rehabilitasie van die gemeenskap-gesentreerde benadering. Kliënte van die dienste-industrie moet weer aktiewe burgers word. Die terapeutiese ideologie met sy onderliggende etiek van medelye plaas te veel klem op die beweerde tekortkominge van kliënte. Daarby misken dit die moontlikheid dat hierdie sogenaamde kliënte 'n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die samelewing. Inteendeel, dit institusionaliseer ongelykheid terwyl dit voorgee dat iedereen op sy of haar manier "spesiaal" is. Verder het dit gelei tot die ontwrigting van die gemeenskapslewe en die opkoms van 'n "slagoffer-kultus" wat gekenmerk word deur 'n politiek van haatdraendheid en ressentiment. Onder sulke omstandighede kan 'n demokrasie nie oorleef nie. 'n Ware demokrasie moet hom verset teen die idee van dubbele standaarde, want dit is 'n stellige resep vir tweedeklas burgerskap. Daar moet voortdurend gepoog word om die algemene peil van alle burgers se vermoëns en vaardighede te verhoog, eerder as om steeds meer en meer vermoëns te institusionaliseer en toe te wys aan professionele deskundiges wat hulleself aanmatig om die lewens van andere te "begelei" en te "bestuur". In hierdie verband kan ons veel gaan leer van die tradisie van die populisme met sy kenmerkende waardering vir waardes soos selfstandigheid en onafhanklikheid, sy respek vir vlytigheid en hardwerkendheid, sy egalitêre afkeer van verskanste posisies van bevoorregting, sy aandrang op eenvoudige, verstaanbare taalgebruik en om mense verantwoordelik te hou vir hulle dade. 'n Etiek van respek - as alternatief vir die etiek van medelye wat onderliggend is aan die welsynstaat - behoort voort te bou op hierdie en ander elemente van die populistiese tradisie.

Palabras clave : moderne welsynstaat; New Class; professionele deskundiges; liberalisme; populisme; demokrasie; meritokrasie; respek; medelye; burgerskap; gemeenskap; terapeutiese ideologie; slagoffer-kultus; ressentiment (haatdraendheid); selfstandigheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons