SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WESTHUIZEN, G J  y  VAN DER MERWE, M P. Student-onderwysers se interpretasie en gebruik van leerteoriekonsepte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.87-103. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel rapporteer oor 'n ondersoek na die wyses waarop student-onderwysers konsepte verstaan, uitbou, en gebruik. Konsepvorming en -interpretasie is 'n belangrike leeruitkoms in hoër onderwys in die algemeen en in onderwysersopleiding in die besonder. 'n Goeie begrip van die ontwikkeling van konsepvorming en die praktykmaking daarvan is van kardinale belang vir onderwysersopleiding, veral vanweë die uitdagings rondom 'n verantwoordbare pedagogiek wat leerbillikheid en -gelykheid as fundamenteel-etiese verantwoordelikheid voorop stel. Vir so 'n konseptuele basis is dit noodsaaklik dat universiteitsdosente kennis dra van die integrasie, interpretasie en praktykmaking van konsepte in die konteks van die modules wat hulle aanbied. 'n Beter begrip van konsepvorming kan nie alleen leerdoeltreffendheid verbeter nie, maar ook bydra tot die ideale van 'n billikheidspedagogiek waar die leerbehoeftes van alle studente in ag geneem word. Die studie is onderneem binne 'n tweede studiejaarmodule in onderwysersopleiding aan 'n tersiêre instansie met die fokus op leer en kognisie. Vergelykende gevallestudies van vier studente is onderneem ten opsigte van die wyses waarop verskillende studente in 'n voorgraadse module konsepte oor leerteorieë leer en gebruik. Die kwalitatiewe, sosio-semiotiese ontleding toon aan dat sodanige kennis grootliks ooreenstem met modulemateriaal, dat studente verskil in hulle gebruik van semiotiese instrumente in die aanleer daarvan, dat konsepkennis tekstueel verskillend gekommunikeer word, en dat laasgenoemde deur sosiale konvensies medebepaal word. Hierdie ondersoek belig die dimensies van leer as 'n sosio-semiotiese proses en dui op die implikasies vir 'n billikheidspedagogiek in tersiêre leeromgewings.

Palabras clave : Onderwysersopleiding; konseptuele leer; kognitiewe kompleksiteit; konsep interpretasies; professionele leer; sosio-semiotiese ontleding; diskoersveld; semiotiese instrumente; leerbillikheid; billikheidspedagogiek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons