SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisationWho are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

PADAYACHEE, Vishnu  y  ROSSOUW, Jannie. Vergoedingsneigings in die openbare sektor te midde van volgehoue inflasie: 'n ekonomiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.169-186. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel vergelyk die vergoeding van twee poste in die Suid-Afrikaanse openbare sektor in 1984 en in 2008. Drie wyses van vergelyking, naamlik 'n bruto grondslag; na die berekening van belasting; en in vergelyking met prysveranderings van 'n geselekteerde mandjie verbruikersgoedere, word gebruik om 'n hipotese te toets dat lewenskoste-aanpassings in die Suid-Afrikaanse openbare sektor tussen 1984 en 2008 met inflasie en prysstygings oor hierdie tydperk tred gehou het. Die vergelyking bevestig die hipotese vir een pos, maar verwerp dit in die ander geval. As vergoeding nie periodiek vir inflasie aangepas word nie, is eenmalige strukturele vergoedingsaanpassings die enigste wyse waardeur relatiewe vergoedingsvlakke tot hul vorige vlakke herstel kan word. Die metodologie wat in hierdie artikel verduidelik word, kan gebruik word om billike vergoedingsaanpassings te bereken en om vas te stel of strukturele aanpassings nodig is. Die toepassingsvelde van hierdie metodologie wat uit die ekonomiese wetenskap ontwikkel is, is dus te vinde in algemene bestuur, die bestuur van menslike hulpbronne en georganiseerde arbeid.

Palabras clave : akkurate inflasie; inflasie; inflasiegeloofwaardigheid; openbare sektor; prysstygings; strukturele vergoedingsaanpassings; vergoeding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons