Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
DOMAN, LCH y LE ROUX, A. Die oorsake van en bydraende faktore tot eensaamheid: 'n literatuuroorsig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.216-228. ISSN 2224-7912.
'n Groot deel van die bevolking ervaar gereeld eensaamheid en dit word as 'n algemene verskynsel in die menslike bestaan beskou. Verskeie studies dui daarop dat jong mense veral vatbaar is vir eensaamheid. Eensaamheid word ook beskou as 'n risiko-faktor vir 'n wye verskeidenheid probleme wat 'n potensiële gevaar vir die mens se gesondheid inhou. Verskeie faktore wat 'n invloed op die mate van eensaamheid het, is ook kenmerkend van die Suid-Afrikaanse konteks. Rokach se model van eensaamheidsvoorspellers dien in hierdie studie as basis vir die ondersoek na oorsaaklike/bydraende faktore tot eensaamheid. Vryetydsbesteding soos televisiekyk en internetgebruik speel ook 'n rol in eensaamheid. Hoewel dit nie moontlik is om die ervaring van eensaamheid te ontkom nie, kan dit verlig en minder pynlik gemaak word. Aanbevelings rakende die ondersoek na bydraende faktore tot eensaamheid word gemaak. Kennis van die faktore wat 'n rol in eensaamheid speel, kan die impak van eensaamheid op mense se geestesgesondheid aansienlik verminder.
Palabras clave : eensaamheid; Rokach se model; eensaamheidsvoorspellers; depressie; huwelikstatus; geloof.