SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN WYK, Gerhard  y  DE JAGER, Johan. Konsessiehouers se vlak van tevredenheid met die geleenthede en beperkings van konsessies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.3, pp.328-345. ISSN 2224-7912.

    Konsessiehouers kla dikwels dat konsessiegewers nie aan hul behoeftes voldoen nie en daar is 'n algemene persepsie dat konsessiehouers ontevrede is met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die vlak van tevredenheid van konsessiehouers met die geleenthede en beperkings van konsessies. Die volgende konsessieelemente word by die ondersoek betrek: opleiding deur die konsessiegewer voorsien, die gebruik van 'n gevestigde handelsmerk, konsessies as 'n volledige besigheidstelsel (produk), die toekenning van spesifi eke geografiese gebiede en plaaslike en nasionale advertensie-veldtogte. Die data verteenwoordig twee groepe van dieselfde konsessie, naamlik konsessiehouers wat vir minder as twee jaar as konsessiehouers funksioneer en konsessiehouers wat vir twee jaar en langer as konsessiehouers funksioneer. Oorweging word gegee aan die mate waarin die twee groepe die konsessie-elemente verskillend waarneem. Die bevindings dui aan dat daar 'n hoë vlak van tevredenheid by konsessiehouers bestaan ten opsigte van die geleenthede en beperkings van konsessies, met die uitsondering van geïdentifiseerde uitdagings wat verder ontwikkel kan word om konsessiehouers se vlak van tevredenheid te verhoog.

    Palabras clave : Konsessiehouertevredenheid; konsessiehouers en konsessiegewers; opleiding; konsessieverhoudings; geografiese gebiede; geleenthede en beperkings.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )