SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SPIES, Carla-Marié  y  FEINAUER, Ilse. Ideologiese oorwegings by die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.107-123. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die ideologiese motiverings agter die besluitneming in die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis uit Nederlands in Afrikaans (Die Agterhuis). Daar word gekyk na die besluitneming ten opsigte van die oorkoepelende vertaalstrategie, asook die hantering van ideologiese verwysings in die dagboek. Die dagboek is sedert die eerste Nederlandse uitgawe in 1947 in meer as 60 tale vertaal. Vanweë die verskillende vertalings en verwerkings van die dagboek word die vraag gevra wie die régte Anne Frank is, aangesien die outentisiteit van die dagboek dikwels ingeboet is en die stem en styl van die dagboekskrywer nie altyd getrou weergegee is nie. Die beeld van Anne en haar dagboek is dus dikwels ideologies gemanipuleer en gefalsifiseer en as antwoord hierop, besluit Spies om hoofsaaklik van 'n vervreemdingsbenadering (Venuti 1995) gebruik te maak en besonder naby die bronteks te bly in haar Afrikaanse vertaling van die dagboek. Daar word telkens dermate vervreem dat ouer Afrikaanse en Nederlandistiese uitdrukkings dikwels in die Afrikaanse doelteks voorkom. Die doelteks word wel toeganklik vir die doelteksleser gemaak deurdat die dagboek origens in idiomatiese Afrikaans vertaal word en deur middel van die vertaler se uitgebreide funksionele gebruik van die parateks (Spies 2011). Deur middel van hierdie vervreemdingsbenadering slaag die vertaler daarin om die stem en styl van Anne in die Afrikaanse teks behoue te laat bly en so 'n getroue beeld van Anne weer te gee en die outentisiteit van die dagboek te behou. Hierdie benadering verhoog die literêre waarde van die doelteks en dra by tot die aanvaarbaarheid daarvan in die doeltekskultuur en sodoende die geslaagdheid van die Afrikaanse vertaling van die dagboek van Anne Frank.

Palabras clave : Anne Frank; dagboek; Die Agterhuis; domestikering; egodokument; Het Achterhuis; Holocaust; ideologie; Lina Spies; outentisiteit; stem; styl; vertaling; vervreemding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons