SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WESSELS, Buks. Die gebruik van die VSA dollar as internasionale sleutelvaluta en die voordele daarvan vir die VSA. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.161-177. ISSN 2224-7912.

Die VSA dollar as sleutelvaluta het die afgelope sestig jaar en meer die internasionale monetêre en ekonomiese toneel oorheers. Die dollar se rol as 'n sleutelvaluta word nie deur ander mededingende valutas bedreig nie. Ander geldeenhede kan nie naastenby met die dollar meeding nie, terwyl die dollar al die verlangde funksies van 'n sleutelvaluta vervul. Hieruit spruit buitengewone voordele vir die VSA, wat die fokuspunt van die artikel uitmaak. Die VSA bekom naamlik 'n uiters gunstige en soepel posisie om sy lopende rekening-tekorte op 'n goedkoop wyse te finansier. Verder investeer die VSA hierdie lae rente-draende buitelandse dollarverpligtinge in buitelandse bates wat beduidend hoër opbrengste as die koste van die buitelandse verpligtinge het. Die VSA omskep die korttermyn geleende fondse na langtermyn bates met 'n hoër opbrengs en word dus 'n winsgewende waagkapitalis. Laasgenoemde verskans die VSA se netto internasionale inkomsteposisie en versag ook die nadelige gevolge van 'n depresiasie in die wisselkoers van sy eie geldeenheid. Sodoende onttrek die VSA enorme voordele uit die globale ekonomie wat ander lande nie beskore is nie. Die artikel toon dat die VSA die buitengewone voorreg het om 'n lewenstandaard ver bó verdienste te geniet en dat die gewilligheid van ander lande om die VSA goedkoop te finansier hom toegang gee tot 'n spandabelrige lewenswyse. Boonop voorsien die oorheersing van die dollar die VSA van die middele om buitelandse militêre operasies, diplomatieke sendings en maatskaplike hulpverlening te finansier met voordele wat vanaf ander lande na die VSA oorgedra word.

Palabras clave : dollar; dollar oorheersing; VSA hegemonie; sleutelvalutastatus; internasionale monetêre eenheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons