SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN COLLER, H.P.. Die representasie van die verlede in verteenwoordigende Afrikaanse prosawerke: voorstelle vir 'n tipologie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.680-697. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel vertrek van die aanname dat die Afrikaanse prosa sedert die negentigerjare gekenmerk word deur 'n besondere belangstelling in die geskiedenis wat soms op 'n positiewe (nostalgiese) wyse gerepresenteer word en dikwels op parodiërende wyse. In hierdie artikel word die representasie van die verlede vergelyk met die proses van vertaling. Net soos die vertaler 'n strategiese posisie-inname tussen bronteks en doelteks kies en voortdurend tussen hierdie twee pole medieer, net so plaas ook die skrywer van 'n historiese representasie sig tussen verlede en hede. In die vertaalwetenskap beteken vervreemding 'n doelbewuste vreemdmaking van die bronteks en -kultuur en domestikering (ook "domestikasie") beteken weer 'n strategie om die onbekende meer bekend te maak. Die begrip parateks verwys na die materiaal wat aanvullend tot die sogenaamde hoofteks aangebied kan word, soos die voorwoord, titel en illustrasies. Mutatis mutandis kan die skrywer van historiese representasies die verlede voorstel as 'n "ander land" of dit bykans as parallel met die eie tyd voorstel. Paratekstuele materiaal is ook belangrik in historiese representasie en sluit in sketse, foto's, ooggetuieverslae, dokumente, en dergelike. Hoewel heelwat literatore en kritici hulle uitgelaat het oor die representasie van die verlede in proefskrifte en artikels, het hulle steeds in gebreke gebly om 'n klassifikasiemodel daar te stel waarmee die groot korpus werke georden, beskrywe en gesistematiseer kon word. In hierdie artikel word gepoog om so 'n tipologie daar te stel wat as heuristiese hulpmiddel kan dien.

Palabras clave : Historiese representasie; literêre historiografie; 'n tipologie vir die klassifisering van historiese tekste; historiese representasie as 'n vorm van vertaling; vervreemding; domestikering en parateks.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons