SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South AfricaUsing hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve reading índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALDT, Gerrit. Samewerkende regering en munisipale dienslewering: realiteite en uitdagings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.366-381. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel ontleed die stelsel van samewerkende regering in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die mate van ondersteuning aan munisipaliteite om dienslewering te verbeter. Die plaaslike sfeer van regering gaan tans gebuk onder ongekende vlakke van mislukte dienslewering. Die vraag kan tereg gevra word hoe "samewerkend" die regering op alle sfere is om munisipaliteite in hulle diensleweringstaak te ondersteun. In terme van die Grondwet behoort die nasionale en provinsiale sfere van regering munisipaliteite te ondersteun as dié vlak van regering wat mense meer direk beleef. Die artikel stel voorts die onderliggende kwessies wat aandag verdien in die stelsel van samewerkende regering aan die orde en identifiseer veranderlikes wat die toekoms van plaaslike regering wesenlik kan beïnvloed. Die artikel lê enersyds die inherente spanning tussen die relatiewe outonomiteit van munisipaliteite bloot en andersyds word die beginsels van samewerkende regering belig. Daar blyk 'n groeiende gaping te wees tussen die ontwikkelingsmandaat wat die Grondwet aan munisipaliteite toeken en hoe dienslewering daadwerklik geskied.

Palabras clave : samewerkende regering; interowerheidsverhoudinge; plaaslike regering; munisipaliteite; stelsel van regering; dienslewering; munisipale dienslewering; provinsiale regering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons