SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BORNMAN, Elirea; POTGIETER, Petrus H  y  PAUW, JC. Taalkeuses en -opinies van Afrikaanssprekende studente aan Unisa. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.361-376. ISSN 2224-7912.

Die literatuur oor taalkeuses in veeltalige kontekste wys dat politieke, sosiale en individuele faktore taalkeuses beïnvloed. Dit sluit in: die simboliese waarde van die gebruik van tale anders as Engels, magsverhoudinge, taalideologieë, en plaaslike asook sosiaal-sielkundige faktore. In Suid-Afrika tref ons 'n neiging tot die oorheersing van Engels onder die skyn van veeltaligheid aan. By die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) neem die omvang van onderrig wat slegs in Engels geskied al hoe meer toe en verloor Afrikaans sy voorheen gelyke posisie met Engels. Daarom het die skrywers die taalkeuses en -opinies van Afrikaanssprekende studente aan Unisa empiries ondersoek deur middel van 'n vraelysopname. 'n Totaal van 2 749 studente het in November 2011 'n internetvraelys voltooi. In hierdie artikel berig die skrywers oor 'n seleksie van die inligting wat versamel is. Uit hierdie steekproef het 1 393 studente (50,7%) in Afrikaans gestudeer en 1 314 (47,8%) in Engels. Beduidende verskille is uitgewys tussen die twee groepe op grond van onder andere geslag, ouderdom en kollege. Hoewel studente oor die algemeen trots was op Afrikaans, was dié wat in Afrikaans gestudeer het, beduidend meer trots op hulle taal en baie positief oor die uitkoms van hulle keuse. Studente wat in Engels gestudeer het, het die beskikbaarheid van handboeke en die nut van kennis van Engelse terminologie as redes vir hulle keuse uitgewys. Enkele aanbevelings word gemaak oor hoe Afrikaans as onderrigtaal op tersiêre vlak bevorder kan word.

Palabras clave : Veeltaligheid; taalkeuse; identiteit; hoër onderwys; onderrigtaal; onderrig in Afrikaans; taalideologie; handboeke; Unisa; taalpersona.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons