SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

GROBLER, Jackie. Louis Tregardt se dagboek as 'n historiese bron. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.465-480. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel ontleed die dagboek van Louis Tregardt ten einde die waarde daarvan as historiese bron te bepaal. Tregardt was die enigste Voortrekkerleier wat 'n dagboek bygehou het en wel vir die tydperk van einde Julie 1836 tot die begin van Mei 1838. Hierin vermeld hy, benewens sy daaglikse aantekeninge oor die aktiwiteite waarmee hy en sy trekgenote hulle normaalweg besig gehou het, 'n magdom besonderhede wat nie geredelik in ander bronne beskikbaar is nie. Hy skryf oor sy eie lewens- en wêreldbeskouing, oor onderlinge verhoudinge binne asook tussen Voortrekkergesinne, oor rasse-vooroordele en oor gewelddadigheid. Hy skryf oor verskeie van hulle gebruike, waaronder godsdiens, opvoeding, mediese behandeling, praktyke in verband met dood en begrafnis en eet- en drinkgewoontes. Uitvoerige besonderhede word oor Tregardt en sy trekgenote se leefwereld verskaf, insluitende oor die klimaat, fauna en flora, jag, boerderybedrywighede, veesiektes, behuising, meubels, gereedskap, kleredrag, die onderhoud van ossewaens en trekgereedskap, vervaardiging van gebruiksartikels soos seep, die uitdagings op die trekpad, waaronder roofdiere en veediewe en interaksie met inheemse gemeenskappe en met die Portugese by Delagoabaai. Laastens werp die dagboek lig op die Afrikaans wat destyds gebesig is - 'n aspek wat nie in die artikel ontleed word nie. Aangesien Tregardt se dagboek so 'n verskeidenheid fasette aan die lig bring, is die finale gevolgtrekking dat dit as een van die mees uitstaande dokumente uit die GrootTrek-tydperk beskou moet word en dat die waarde daarvan nie oorskat kan word nie.

Palabras clave : Louis Tregardt; Dagboek; Groot Trek; Soutpansberg; Tsetsevlieg; Wa; Jag; Veesiekte; Opvoeding; Buys-gemeenskap; Slawerny; Lourengo Marques.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons