SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2The diminishing attractiveness of the academic profession in South AfricaRemuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspective índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    PRETORIUS, Fransjohan. "Mag ons vergeet?" 'n Geskiedenis-serie en Afri-kanernasionalisme, 1937-1948. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.179-204. ISSN 2224-7912.

    Met hierdie studie word die rol ondersoek wat 'n geskiedenisreeks van Nasionale Pers, getiteld "Ons Geskiedenis-Serie", tussen 1937 en 1948 ten opsigte van Afrikanernasionalisme gespeel het. Enersyds het die reeks beoog om Afrikanernasionalisme te bevorder, maar andersyds het dit 'n behoefte by Afrikanernasionaliste bevredig en was die publikasies 'n aanduiding van die stand van hierdie nasionalisme. Vooraf word daar ter wille van konteks gekyk na vroeë Afrikanergeskied-skrywing, Nasionale Pers se rol in hierdie geskiedskrywing, en die opbloei van Afrikanernasiona-lisme in die dertigerjare. Daarna kom die ontleding aan die beurt van die 21 werke wat in die reeks verskyn het. Met die oog daarop word die aard van die hooftemas en die aard van die individuele werke onder die loep geneem. Die hooftemas was die volksplanting, die Groot Trek, die Eerste Vryheidsoorlog of Eerste Anglo-Boereoorlog, die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902, en die Afrikaner se ekonomiese en geestelike vernedering voor Brittanje ná die oorlog en in die eerste dekades van die twintigste eeu.

    Palabras clave : Afrikanergeskiedskrywing; Afrikanernasionalisme; Alie Badenhorst; Anglo-Boereoorlog; Eerste Vryheidsoorlog; generaal J.C.G. Kemp; Groot Trek; Gustav Preller; H.J.C. Pieterse; konsentrasiekampe; mev. E. Neethling; Nasionale Pers; Ons Geskiedenis-Serie; P.J. van der Merwe; volksplanting.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )