SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BORNMAN, Elirea; PAUW, J C  y  POTGIETER, Petrus H. Houdings en opinies oor moedertaalonderrig en die keuse van 'n universiteit: Afrikaanssprekende studente aan Unisa. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.596-609. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus eerstens op die persoonlike en akademiese voordele van moedertaalonderrig, asook die invloed daarvan op die welsyn van taalgroepe, hulle regte en mense se identiteit. Politieke omstandighede wat meegebring het dat moedertaalonderrig in Afrikaans, en veral in hoër onderwys, sterk agteruitgaan, word verder gedek. Aan die ander kant word die belangrike rol van die houdings, opinies en taalkeuses binne 'n taalgemeenskap beklemtoon. Ons ontleed vervolgens die response van Afrikaanssprekende studente aan Unisa op 'n internetvraelys rakende hulle menings oor moedertaalonderrig in hoër onderwys en faktore wat hulle beïnvloed het om aan Unisa te studeer. Van die totale ondersoekgroep van 2 749 respondente het 50,7% in Afrikaans gestudeer en 48,5% in Engels - 1,5% het nie op dié vraag gereageer nie. Noemenswaardige getalle van die studente wat in Engels gestudeer het, het aangedui dat hulle wel van Afrikaanse studiemateriaal gebruik gemaak het. Die Afrikaansmedium-studente het egter beduidend sterker positiewe opinies oor die akademiese wenslikheid van moedertaalonderrig gehad, en het ook beduidend meer waarde geheg aan onderrig in Afrikaans as 'n faktor in die keuse van Unisa as 'n universiteit. Gevolgtrekkings word gemaak oor die waarde van positiewe ervarings rakende moedertaalonderrig en die verspreiding van kennis oor die voordele daarvan.

Palabras clave : Moedertaalonderrig; Afrikaans; Taalkeuses; Taalopinies; Hoër onderwys; Medium van onderrig; Keuse van universiteit; Unisa.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons