SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VERHOEF, Grietjie. Die onderneming in die gemeenskap: Korporatiewe maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam, 1918-1980. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.731-751. ISSN 2224-7912.

Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid het 'n statutêre verpligting geword wat deur verskeie belanghebbende partye gebruik word om uiteenlopende oogmerke te verwesenlik. Die konsep "korporatiewe sosiale verantwoordelikheid" (corporate social responsibility (CSR) het eers gedurende die 1990s prominensie in die korporatiewe omgewing begin kry, hoewel die konsep van ondernemings se sosiale verantwoordelikheid teenoor die breër gemeenskap ingrypend deur die geskiedenis verander het. Hoe behoort ondernemings se sosiale betrokkeheid beslag te kry? Watter rasionaal behoort daardie optrede te motiveer? Hierdie artikel ondersoek die inherente dryfvere in Sanlam vir sosiale betrokkenheid teen die agtergrond van die teorie van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. Hierdie artikel wys op die eiesoortige geaardheid van maatskaplike betrokkenheid deur Sanlam as 'n langtermynversekeringsmaatskappy in Suid-Afrika. Dit dui op 'n bydrae tot die teoretiese diskoers oor korporatiewe sosiale verantwoordelikheid aan die hand van die geskiedenis van korporatiewe maatskaplike betrokkenheid in Sanlam.

Palabras clave : gemeenskap; polishouers; maatskaplike verantwoordelikheid; groei; versekeringsmaatskappy.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons