SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SLABBERT, Ruhan; SWANEPOEL, Liani C.  y  CORNELIUS, Izak. Wat maak jou mummie? 'n Oorsig van die stand van mummienavorsing aan die hand van die 8ste wêreldkongres. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.01-14. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A1.

Die doel van hierdie artikel is om opsommend al die temas en studierigtings te beskryf wat by die 8ste Wêreldkongres oor Mummienavorsing aangebied is om die huidige stand van die bestudering van mummies aan te dui. Mummies is unieke bronne van inligting oor die verlede en die studie van mummies gee ons insig in die lewens van mense uit vervloë dae en van vele kulture. Mummies het nog altyd bekoor, selfs vandag nog. Die 8ste Wêreldkongres oor Mummienavorsing is vanaf 6 tot 9 Augustus 2013 in Rio de Janeiro, Brasilië, gehou. Hierdie kongres bring wetenskaplikes bymekaar wat mummies en hul toebehore bestudeer. Die 8ste kongres het verskeie internasionaal erkende navorsers se werk deur middel van 99 referate en 45 plakkaataanbiedings ten toon gestel. Twee plakkate het selfs oor werk gehandel wat in Suider-Afrika gedoen word, naamlik die studie van antieke Egiptiese dieremummies in Iziko Museums van Suid-Afrika (Kaapstad) en die studie van die Tuli-mummie wat in Botswana gevind is. Die wetenskaplike studie van mummies is goed gevestig en toon merkwaardige groei. Die enigste kritiek teen die kongres is egter die oordrewe klem op suiwer wetenskaplike studie en dat die kulturele en sosiale interpretasie van die mummies grootliks agterweë gelaat is. Die natuur-, mediese en chemiese wetenskappe is goed verteenwoordig en die data is waardevol, maar die ware integrasie van hierdie en die sosiale wetenskappe is nog onvoldoende. 'n Meer gebalanseerde kombinasie van die verskillende dissiplines sal die waarde van so 'n kongres aansienlik verhoog.

Palabras clave : CT-skandering; dieremummies; DNS; Egipte; Europa; mensmummies; natuurwetenskappe; patogene; patologie; pessiektes; sosiale wetenskappe; Suid-Amerika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons