SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU TOIT-BRITS, Charlene. Uitdagings by die implementering van Inligtings- en Kommunikasietegnologie vir die Setswanasprekende Gevorderde Onderwys Sertifikaat (GOS) Afstandstudent aan die Noordwes-Universiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.469-489. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A10.

Die Suid-Afrikaanse samelewing het in die laaste dekade ingrypende veranderinge en ontwikkelings ondergaan sover dit kontemporêre tegnologiese ontwikkelings, die eise van die inligtingsera waarin ons leef en die behoeftes van 'n geglobaliseerde en steeds globaliserende arbeidsmark betref. Dit is ook algemeen bekend dat Sub-Sahara-Afrika worstel om tred te hou met die eksponensiële toename in opvoedkundige en tegnologiese ontwikkelings. Daar bestaan verskeie uitdagings met betrekking tot die implementering van rekenaartegnologie in afstandsonderwysprogramme aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Ten spyte van die toename in tegnologiese ontwikkelings in die twintigste en vroeë 21ste eeu is inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) nog nie toeganklik vir alle NWU- onderwysstudente binne die Suid-Afrikaanse konteks nie. Dit is tewens ook nie uit die beskikbare literatuur duidelik in welke mate IKT wel deur afstandsonderwysstudente benut word nie. Die doel van die empiriese gedeelte van hierdie artikel was om moontlike uitdagings/elemente waarop gelet behoort te word by die keuse en implementering van rekenaartegnologie in afstandsonderwys aan die NWU vir die Setswanasprekende GOS-studente te bepaal, asook om te probeer vasstel in welke mate IKT wel deur Setswanasprekende afstandstudente wat vir die GOS aan die NWU geregistreer is, benut word.

Palabras clave : Afstandsonderwys; afstandsleer; volwasse leer; tegnologie; studente-ondersteuning; kwaliteit; e-leer; onderwysersopleiding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons