SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número4The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

PAUW, J C. Oplettende na die letter ... Oftewel: Die vermoë om aan 'n stuk papier gehoorsaam te wees. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.4, pp.618-631. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a8.

Aandag aan die letter van die wet word beredeneer as voorskrif vir 'n meer deugdelike samelewing in die Suid-Afrika van 2015, waar daar klaarblyklik probleme met wetsgehoorsaamheid is. Die letter van die wet is veral belangrik in verbande wat met Tönnies se begrip Gesellschaft beskryf kan word. Die letter van die wet word gedefinieer as dit wat geskryf staan, teenoor dit wat nie geskryf staan nie. Die artikel gee toe dat die letter uitgelê moet word, maar dan verkieslik aan die hand van aanduidings wat ook op skrif is. Die vermoë om jou aan die letter van die wet, maar ook aan voorskrifte in ander vorme, soos padtekens, breipatrone en partiture, te onderwerp is 'n verworwenheid van ons beskawing. Dit moet as 'n waarde in stand gehou word. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, word nie letterlik genoeg hanteer nie. Die ongeskrewe gees van die Grondwet, waarop daar soveel beroepe gedoen word, bestaan nie as unitêre uitlegvoorskrif nie. Die gees van bepalings word deur magtiges beheer as dit nie op skrif is nie. Skryf en lees is wesentlik deel van die heerskappy van die reg. Wanneer regulasies gemaak word en beleid divergeer, word 'n besondere vermoë van amptenare geverg om besluite ooreenkomstig die magtigende wetgewing te neem. : nie alle wetlike voorskrifte behoort nagekom te word nie. Wanneer onberade voorskrifte bestaan, moet hulle egter nagekom word tot tyd en wyl hulle vervang kan word binne 'n model wat as onderbroke ewewig beskryf word

Palabras clave : letter van die wet; gees van die wet; lees; uitleg; wetsgehoorsaamheid; Gemeinschaft; Gesellschaft; Suid-Afrikaanse Grondwet; beleidsdivergensie; onderbroke ewewig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons