SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BOTMA, Gabriël J.. "Koos sê...": 'n Kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van 'n invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.153-168. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a10.

Hierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker van Naspers-faam, sodat die diskursiewe magsverhoudings waarbinne hy hom bevind duideliker omskryf kan word. Behalwe dat Bekker baie media-blootstelling gekry het, het hy die afgelope dekade of meer ook verskeie meningsartikels tot die koerante van Naspers bygedra, en die argument is dat hy as 'n invloedryke meningsvormer (die draer van "meta-kapitaal" in n Bourdieuaanse sin) in die samelewing funksioneer. In dié verband verwys die artikel na die diskoersteorie van Foucault en Bourdieu se vergelykbare teorieë oor die verband tussen taalgebruik en magsuitoefening. Daaruit vloei die metodiek van kritiese diskoersanalise, wat na aanleiding van die werk van Fairclough en Van Dijk hier op drie vlakke - teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks - geskied. Die bevinding van die artikel is onder meer dat Bekker se komplekse posisionering ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners gekenmerk word deur 'n identifisering met wit en bruin Afrikaanse jeugdiges, maar dat hy minder begrip vertoon vir die ouer geslag wit Afrikaners. Bekker beklemtoon ook gereeld die positiewe aspekte van kulturele inklusiwiteit en diversiteit, en is oor die algemeen optimisties, maar by tye ook skerp krities oor die "nuwe" Suid-Afrika. Sy skryfstyl, keuse van onderwerpe en publikasieplatforms getuig van strategiese berekendheid.

Palabras clave : Afrikaans; Afrikaners; Bourdieu; Entrepreneur; Identiteit; Foucault; Mag; Media; Naspers; Kritiese Diskoersanalise; Suid-Afrika; Taal.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons