SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER VYVER, Corné (CP). Die invloed van biografiese faktore op sorg in skoolleierskap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.221-237. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a14.

Die ervaring van sorg in skoolleierskap het h invloed op opvoeders se werksbevrediging asook hul belewing van die gehalte van werkslewe. Die sorgsaamheid van die skoolhoof kan die effektiwiteit en werkverrigting van opvoeders in die onderrig- en leersituasie verhoog, wat weer die effektiwiteit van die skool as organisasie kan verhoog. Hierdie navorsing het gewentel om die vraag: Watter invloed het sekere biografiese faktore op die gee van sorg deur skoolhoofde en die ervaar daarvan deur die opvoeders? Die navorsing is uitgevoer in die vorm van h opname wat gedoen is onder h steekproef skoolhoofde en opvoeders in die Noordwes-Provinsie. Die resultate toon dat skoolhoofde uit voorheen bevoordeelde groepe hulle in h groter mate as sorgsaam evalueer as voorheen benadeelde skoolhoofde. Oor die algemeen beskou skoolhoofde uit voorheen bevoordeelde groepe hulleself ook as meer sorgsaam jeens opvoeders uit voorheen bevoordeelde groepe as teenoor opvoeders uit voorheen benadeelde groepe. Opvoeders uit voorheen benadeelde groepe ervaar self h mindere mate van sorg, veral ten opsigte van die werkplek-bepalers. Skoolhoofde behoort meer opleiding te ontvang in emosionele intelligensie en die ander psigologiese aspekte van sorg. Verder moet die Departement van Basiese Onderwys kennis neem van die nadelige invloed van gebrekkige infrastruktuur op die ervaring van sorg in voorheen benadeelde gebiede.

Palabras clave : Skoolleierskap; sorg; sorgsaamheid; sorgleierskap; sorgsame verhoudings; sorgsame gemeenskap; determinante [bepalers van sorg]; leierskapstyl; emosionele intelligensie; biografies; opvoeder.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons