SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número3Gebroke land: armoede in die afrikaanse gemeenskap sedert 1902 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.56 no.3 Pretoria sep. 2016

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n3a10 

    AKTUEEL: DEBAT

     

    Redakteursnota

     

     

    In die Junie 2016-nommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe het Andries Raath (2016:573-591) in die volgende artikel 'n gesprek oor politokratiese kommunitarisme begin:

    Politieke en regsfilosofiese perspektiewe op politokratiese kommunitarisme: 'n diskoers met Danie Goosen en Koos Malan

    Die fokus val op politieke kommunitarisme wat, anders as die wye ondersteuning wat Ubuntu-kommunitarisme in die regsliteratuur geniet, volgens Raath beperk gebly het tot die Afrikaanse literatuur. Soos aangedui in die subtitel word meer spesifiek, in 'n diskoers met Danie Goosen en Koos Malan, gekyk na die politieke en regsfilosofiese implikasies van politieke kommunitarisme. Volgens Raath (2016:574) het "die filosofiese hiate in die staats- en regsdenke van politokratiese kommunitarisme belangrike implikasies", omdat kommunitariese politokrate nie daarin slaag om "die statisme van die liberale individualisme te oorkom en ʼn normatiewe alternatief vir statisme, politieke universalisme en die absolutistiese staat te stel nie" (ibid.).

    In hierdie rubriek tree Danie Strauss toe tot die "Debat oor die moderne staat" deur aan te voer dat die tekortkominge van sowel individualistiese (atomistiese) as universalistiese (holistiese) benaderings ondervang kan word "indien erns gemaak word met die ontiese beginsels van soewereiniteit-in-eie-kring en universaliteit-in-eie-kring".

    Sowel Danie Goosen as Koos Malan is van plan om repliek te lewer en hul toetrede tot die gesprek sal hopelik in die Desemberuitgawe geplaas word. Alle lesers van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die debat. Beperk u debatsbydraes tot hoogstens 2 000 woorde. Indien u sou verkies om liewer uitvoeriger by wyse van 'n navorsingsartikel te reageer sal dergelike bydraes aan die gewone prosedure van keuring onderhewig wees.

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    Augustus 2016