SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2-1The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN ZYL, Annemarie  y  ROSSOUW, Jannie. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 40 jaar later. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.295-313. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a2.

In hierdie artikel word die rol en waarde van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl geëvalueer in die lig van die veertigste herdenking van die inwyding van die Monument. Die inwyding het op 10 Oktober 1975 plaasgevind. Hoewel die Monument 'n bekende baken is, is dit nie tot dieselfde mate bekend dat daar ook 'n Afrikaanse Taalmuseum is wat saam met die Monument funksioneer nie. Die Museum word gehuisves in die destydse woonhuis van Gideon Malherbe, waar die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 gestig is. Inisiatiewe om n Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op te rig, kan teruggevoer word tot so ver terug as September 1942, toe 'n komitee op die been gebring is om fondse daarvoor in te samel. Die Monument is uiteindelik meer as 30 jaar later ingewy. Die Monument het vanaf die eerste oomblik wat die idee posgevat het, gelei tot kritiek en tweespalt. Hierdie artikel ondersoek elke tipe kritiek wat destyds teen die Monument uitgespreek is, naamlik die wenslikheid, ligging, voorkoms, aard of funksie, simboliek en ideologie, en evalueer terugskouend die geldigheid daarvan al dan nie.

Palabras clave : Afrikaans; Afrikaanse Taalmuseum en -monument; kritiek op die Afrikaanse Taalmonument; Paarl; taalmonumente; Taalmuseum.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons