SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OTTO, Anna Nel. 'n Kritiese waardering van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - AWS (2009). Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.271-284. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a4.

Die AWS is 'n normatiewe naslaanwerk oor spelling, waarvan die doel is om gebruikers te help met teksproduksie en tekskorrigering. In hierdie artikel word die soekvraag van die potensiële gebruiker as uitgangspunt geneem om die AWS in terme van sy funksies te evalueer. Daar word eerstens gekyk na verskillende moontlike motiverings vir lemmaseleksie. Hoewel korpora nuttig kan wees, moet dit volgens Asmussen (2013:1081) met omsigtigheid geraadpleeg word. By e-woordeboeke kan log-lêer-analise data verskaf oor watter leksikale items deur gebruikers nageslaan word, hoewel dit nie kan bevestig of die gebruikers dit as suksesvolle konsultasie ervaar het nie (Nesi 2013:65). Navorsers soos Wiegand (2001:235), Helbig en Osswald (2013:1141), Barnhart (1967:161), Tarp (2013:463), Storrer (2013:1245) en Müller-Spitzer (2013:369) het die waarde van die soekvraag as belangrike element by die saamstel van naslaanwerke bevestig. Die AWS gee aandag aan 'n wye verskeidenheid tipiese spelprobleme. Die navorser ondersoek dan ook, aan die hand van 40 soekvrae, tipiese vrae wat gebruikers sou kon vra. Daar word bevind dat die AWS tans die meeste van hierdie vrae beantwoord, hetsy in die woordelys of in die spelreëlgedeelte, maar dat daar steeds onbeantwoorde vrae is, veral met betrekking tot kosterme.

Palabras clave : AWS; naslaanwerk; gebruikersbehoeftes; normatiewe bron; lemmaseleksie; soekvraag; rou gebruikersvraag; gebruikersituasievraag; betekenisonderskeiding; log-lêer-analise.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons