SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PLESSIS, Elize  y  MARAIS, Petro. Versoening tussen leerders: Is parallelmediumskole die antwoord op die rassismeprobleem?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.614-626. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a8.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet stel dit duidelik dat enige vorm van diskriminasie nie toegelaat mag word nie. In ons skole beteken dit dat elke leerder ʼn reg het op goeie opvoeding en ʼn veilige skoolomgewing. Die fokus van hierdie navorsing is gerig op bestaande parallelmediumskole. Die uiteindelike vraagstuk is dus hoe multikulturele onderwys bevorder word en hoe rassisme aangespreek kan word? As teoretiese raamwerk is Kohlsberg se kognitiewe ontwikkelingsbenadering en Whitehouse se univerele waarderaamwerkbenadering gebruik om die navorsing te anker. As derde raamwerk beskou die skrywers egter Gandhi se moraliteitsfilosofie as ʼn perfekte eksponent van die strewe na versoening aan die hand van moraliteit as'n teenvoeter vir rassisme en ook as 'n voorwaarde vir nasiebou. Het Gandhi se opvattinge enigsins waarde vir die opvoeding en onderrig van leerders in Suid-Afrika en kan dit moontlik gebruik word om rassisme in skole aan te spreek? Hierdie vrae is met behulp van ʼn kwalitatiewe dokumentanalise beantwoord. Die bevindinge toon dat drie beginsels van Gandhi se moraliteitsfilosofie 'n voorvereiste is vir die bekamping van rassisme in parallelmediumskole. Die aanbeveling is dat alle aspekte van die onderwys gerig moet wees op die verowering van moreel-verantwoordbare selfverwesenliking.

Palabras clave : Dokumentanalise; diversiteit; Gandhi; leierskap; moraliteit; multikulturele skole; onderrig; opvoeding; rassisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons