SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

FOUCHE, Nadine; VAN DEN BERG, Ria  y  OLIVIER, Jako. Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers: ʼn Akkurater en vollediger weergawe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.814-836. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a10.

Gedurende die afgelope twee dekades het Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers die standaardindeling geword waaraan konjunksiemerkergebruik gemeet is. Sy kompromisindeling kan as baanbrekerswerk beskou word in dié sin dat Halliday en Hasan (1976) se vier hoofkategorieë konjunksiemerkers met subkategorieë van ander navorsers se indelings gekombineer is. In 2014 is die eerste kritiek teen Carstens se raamwerk uitgespreek op grond van die bevindings van ʼn korpuslinguistiese studie van Jordaan (2014). Fouché (2016) identifiseer twee jaar later verdere leemtes. Die feit dat daar kritiek teen Carstens se raamwerk uitgespreek is, dui ook daarop dat sy indeling gereeld as verwysingsraamwerk in die bestudering van konjunksiemerkergebruik in Afrikaans gebruik word. Juis daarom is die doel van hierdie artikel die saamstel van ʼn akkurater en vollediger raamwerk. Vir die saamstel van so ʼn raamwerk van konjunksiemerkers in Afrikaans, is eerstens indelings van linguiste waarop hy sy raamwerk gebaseer het, en ander indelings wat ook vóór die verskyning van sy raamwerk gepubliseer is, geanaliseer. Tweedens is indelings wat ná sy raamwerk gepubliseer is, sowel as kritiek wat daarteen uitgespreek is, krities geanaliseer. Op grond van die kritiese analise van hierdie bronne, is Carstens se raamwerk met verdere voorbeeldkonjunksiemerkers aangevul. Veranderings is ten opsigte van die plasing van spesifieke konjunksiemerkers in bepaalde kategorieë, en ten opsigte van die verskuiwing en integrasie van kategorieë wat binne Carstens se raamwerk gebruik word, voorgestel, en een hoofkategorie en een subkategorie is bygevoeg.

Palabras clave : Carstens se raamwerk van konjunksiemerkers; konjunksiemerkers; verbandsmerkers; sinsverbinders; voegwoorde; diskoersmerkers; gambiete.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons