SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BRINK, Nina  y  BREED, Adri. Hoe jong Afrikaanssprekende kinders betekenis aan hul vroeë taalgebruik verbind. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.1012-1036. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a10.

Eerstetaalverwerwing kan beskryf word as die aanleer van die fonologie, morfologie, leksikon, sintaksis, semantiek (en pragmatiek) van 'n taal. Daar kan dus afgelei word dat beide taaltipologiese en taalspesifieke faktore betrokke is by hierdie proses en derhalwe is taalspesifieke studies oor eerstetaalverwerwing wat taaltipologiese faktore aanwend, nodig om hierdie navorsingsveld te ontgin. In Afrikaans is nog min navorsing gedoen oor eerstetaalverwerwing en die noodsaak wat Lieven (2010:92,103) aandui vir 'n verskeidenheid taalverwerwingstudies in verskillende tale en spesifiek oor hoe kinders vorm en betekenis aan mekaar verbind (dus vorm-betekenis-passings maak), word nie in die huidige Afrikaanse literatuur gevul nie. Hierdie studie se doel is om (i) 'n bestekopname van beskikbare navorsing oor Afrikaanse eerstetaalverwerwing te verskaf en die navorsingsmoontlikhede te identifiseer en (ii) deur middel van 'n analise van oorspronklike data (iii) afleidings te maak oor hoe jong Afrikaanse kinders wat net begin om taal aan te leer, vorm en betekenis aan mekaar verbind. Data van 21 Afrikaanssprekende kinders tussen die ouderdom van agt en 24 maande is geanaliseer vanuit 'n teoretiese raamwerk van die gebruiksgebaseerde benadering en kognitiewe linguistiek en afleidings oor die wyse waarop die kinders vorm en betekenis aan mekaar verbind, is gemaak op grond van vier tipes passings, naamlik simplekse passing, komplekse passing, metaforiese passing en metonimiese passing.

Palabras clave : Afrikaans eerstetaalverwerwing; beeldskematiese struktuur; gebruiksgebaseerde teorieë; kategorisering; kognitiewe linguistiek; konseptualisering; konseptuele versmelting; metaforiek; metonimie; prototipemodel; vorm-betekenis-passing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons