SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, Danie. Die aard en plek van die geheel-dele relasie - gesien vanuit 'n algemeen-wysgerige sowel as 'n vakfilosofiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.1078-1092. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a14.

Hierdie artikel is gerig op die onderliggende breëre wysgerige en vakfilosofiese onderbou van 'n sinvolle verstaan van die geheel-dele relasie. Die nodige begripsonderskeidinge staan in kontras tot die onvermoë van diere om logies-analities genormeerd te kan dink en handel. Die regop gestalte, vrye hand en opponerende duim wat vir kultuurvorming gereedstaan onder leiding van die geestelik-gestempelde blik belig die uniekheid van die mens. Die argument wat gevoer word plaas die geheel-dele relasie binne die ruimte-aspek en skenk dan aandag aan die uniekheid en samehang wat tussen die ruimte-aspek en die ander aspekte van die werklikheid bestaan. Die oorspronklike sin van getal (eenheid en veelheid) en die oorspronklike sin van ruimte (kontinue uitgebreidheid wat die geheel-dele relasie impliseer) word in die eensydige ismiese posisies van individualisme en universalisme skeefgetrek. Laasgenoemde dui op 'n oorspanning van die geheel-dele relasie. Die lang geskiedenis waarin hierdie twee opponerende sienings 'n rol sou speel, gryp terug tot by die Griekse denke. Sommige outeurs meen selfs dat hierdie twee stellingnames so diep gewortel is dat dit as opponerende wêreldbeskouings gesien moet word. Die sistematiese onderskeidinge en insigte wat in hierdie artikel ontwikkel word, sal in 'n opvolgartikel nader uitgewerk word en wel deur ondersoek in te stel na die moontlikhede en beperkings van die geheel-dele relasie vir ons verstaan van die menslike samelewing.

Palabras clave : Geheel-dele relasie; suksessie [opeenvolging]; totaliteit; individualisme; atomisme; universalisme; holisme; uniekheid samehang; primitiewe terme; wêreldbeskouings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons