SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número2A principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, Johannes L. Vergifnisonderwys in skole as voorkoming van moontlike toekomstige emosionele pyn. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.2, pp.344-360. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a9.

Sosiale onreg word op 'n daaglikse basis teenoor sowel enkelinge as groepe mense en gemeenskappe en selfs nasies gepleeg. In baie sodanige gevalle ervaar diegene teenoor wie die onreg gepleeg is oor lang tye emosionele pyn en word as gevolg daarvan die kliënte van beraders en terapeute. Die kernargument van hierdie artikel is dat heelwat van hierdie emosionele pyn en lyding voorkom kon gewees het indien mense van kleinsaf opgevoed (dit is, toegerus) was om te begryp wat die vra en die gee van vergifnis alles behels, ongeag of die oortreder om vergifnis vra of nie. As 'n mens die taak en funksie van skole deur die lens van die sosiale ruimte- en etiese funksieteorie bekyk, word dit duidelik dat skole as samelewingsverbande toevertrou is met onder meer die unieke funksie om jong leerders toe te rus om ook die ingewikkeldheid van die vra en die gee van vergifnis te kan bemeester. 'n Aansienlike deel van hierdie artikel word afgestaan aan 'n buitelyn van 'n vergifnisonderwysvakkurrikulum wat gevolg kan word deur onderwysers en ander opvoeders om hierdie toerustingsfunksie van die skool tot pedagogiese praktyk te maak.

Palabras clave : vergifnis; vergifnisonderwys; skool; skoolonderwys; sosiale onreg; emosionele pyn; sosiale pyn; burgerskaponderwys; lewensoriëntering; lewensvaardighede.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons