SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-1A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western CapeThe profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DUVENAGE, Pieter. 'n Kritiese rekonstruksie van die begrip openbare sfeer by Habermas (en die massamedia). Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.701-715. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a6.

In hierdie bydrae word Habermas se begrip van die openbare sfeer krities gerekonstrueer. In die inleiding word ʼn bondige bespreking van Habermas se intellektuele loopbaan verskaf en meer spesifiek die Duitse agtergrond tot sy denke na die Tweede Wêreldoorlog. In die tweede afdeling word sy hantering in sy eerste hoofwerk, Die struktuurverandering van die openbare sfeer (1962) bespreek. Dit hou met vier aspekte verband: ʼn historiese rekonstruksie van die begrip openbare sfeer, die normatiewe dimensie wat dit onder moderne omstandighede verkry het, die verval van die openbare sfeer aan die einde van die 19de eeu en enkele kritiese punte. In die derde afdeling word die verdere ontwikkeling van die begrip openbare sfeer aangedui totdat dit in Habermas se hoofwerk, die Teorie van kommunikatiewe handeling (1981) uitmond as ʼn teorie van argumentering, teorie van sosiale rasionalisering en ʼn verdediging van moderniteit. Uiteindelik word die implikasies van hierdie teorie van kommunikatiewe redelikheid in die vierde afdeling op die massamedia toegepas (soos Habermas dit in ʼn bydrae van 2006 beredeneer). Die bydrae eindig dan in die laaste afdeling met enkele kritiese opmerkinge.

Palabras clave : Habermas; openbare sfeer; normatiwiteit; kommunikatiewe rasionaliteit; diskoersetiek; oorlegplegende politiek; massamedia; kritiek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons