SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    STRAUSS, Piet. Kerk en staat in twee gereformeerde kerkordes: 'n Ontleding van die Kerkordes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Ned Geref Kerk ná 1962. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.940-954. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a5.

    Die houding van kerke oor die verhouding kerk-staat toon ook elemente van die betrokke kerk se houding oor kerk en samelewing. Die benadering van twee Suid-Afrikaanse gereformeerde kerke na 1962 in hulle Kerkordes oor die verhouding kerk-staat, word ondersoek: die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Beide kerke verteenwoordig 'n standpunt wat tot op die Kerkorde (DKO) van die Nasionale Sinode van Dordtrecht in 1619 teruggaan. Soos in die DKO speel die Nederlandse Geloofsbelydenis van 1561 'n rol in die hantering van die saak deur beide Kerkordes. Die invloed van latere neo-Calvinistiese denkers skemer ook deur: sterker in die Kerkorde van die NGK as van die GKSA. Beide Kerkordes vertoon tekens van hulle eie tyd, hoewel die Kerkorde van die NGK hiervan ook meer dra as dié van die GKSA.

    Palabras clave : Belydenis bevat kernaspekte van geloof; Kerkorde gebonde aan Skrif en belydenis; Kerkorde bepaal kerkregering; Kerkorde-orde vir kerk teenoor staat; Dordts-gereformeerde benadering.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )