SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, HJ; WOLHUTER, CC; DE BEER, ZL  y  VOS, D. Produktiwiteit in die onderwysstelsel: Kan dit deurlopend verbeter?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.992-1008. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a8.

Die doel van hierdie artikel is om aan te dui hoe onderwysproduktiwiteit binne die raamwerk van die struktuur en funksionering van die onderwysstelsel verbeter kan word en dit te doen met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Daar word aangetoon dat die teikengroep verwag dat die onderwysstelsel op die mees bekostigbare wyse in die onderwysbehoeftes van die teikengroep moet kan voorsien. Die onderwysstelsel moet dus materieel-ekonomies en finansieel-ekonomies wees. Daar word aangetoon dat daar genoeg elemente in die onderwysstelsel is wat reeds (selfs op onwetenskaplike wyse) gebruik word om die uitsette en insette van ʼn onderwysstelsel te meet. Dit is dus moontlik om die onderwysproduktiwiteit van die onderwysstelsel te bepaal. Daar word van die funksionarisse en gebruikers van die onderwysstelsel verwag om besliste maatreëls te tref ten einde op 'n volhoubare en bekostigbare wyse in die onderwysbehoeftes van die teikengroep te voorsien. Enkele voorbeelde van praktiese maatreëls wat getref kan word om die produktiwiteit van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel te verbeter, word in die vooruitsig gestel.

Palabras clave : Onderwysstelsel; produktiwiteit; onderwysproduktiwiteit; besparing in die onderwys; uitsette van die onderwysstelsel; insette in die onderwysstelsel.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons