SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

JONES, Chris. Ekonomiese geregtigheid: Die groot uitdaging - ook vir Christelike gemeenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.613-626. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a12.

Hierdie artikel fokus op die noodsaaklikheid van ekonomiese geregtigheid. Dit geskied na aanleiding van ʼn skrywe van Russel Botman, voormalige dosent in Missiologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland asook later aan die Universiteit Stellenbosch. In ʼn skrywe van hom aan die outeur van hierdie artikel ongeveer 21 jaar gelede, dink hy onder andere na oor die moontlikheid van die volgende slagspreuk: "economic justice before upward mobility". Hierdie tema, asook die aard en uitdagings van ekonomiese geregtigheid, word op die spoor van sy gedagtes verder in hierdie bydrae ontgin in belang van soveel kwesbare individue en groepe in haglike omstandighede. Dit kyk veral na die uitdagings van ekonomiese geregtigheid vir die gereformeerde teologie en of die belangrike kenmerke van die eerste Christelike gemeentes nog teenwoordig is, nagestreef en uitgeleef word in die kerk en in die lewens van Christengelowiges.

Palabras clave : Ekonomiese geregtigheid; opwaartse mobiliteit; werkloosheid; ongelykheid; armoede; vervreemding; vrees; hoop; kairos; koinos; koinonia; homothumadon; diakonaat; Belydenis van Belhar; geloofwaardigheid; goeie nuus.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons