SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

HOFMEYR, Benda. Lojale verset: Gedateerd of aktueel? NP van Wyk Louw in gesprek met Foucault1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.322-335. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a5.

In hierdie essay voer ek aan dat NP van Wyk Louw se 1939-konsep van "lojale verset", 'n konsep gemobiliseer in die naam van Afrikanernasionalisme, desnieteenstaande sy kritiese slaankrag vir ons tyd behou as ons dit deur die lens van Michel Foucault se begrip van "transgressie" lees. Beide "lojale verset" en "transgressie" dui op 'n vrugbare spanningsveld wat die belofte inhou van die moontlikheid van bemagtigende daadkrag selfs in 'n tyd van volslae onmag. Dit is 'n tyd van globaal verswelgende magsbewegings en korrupte lokale magskonkelary. Ek betoog dat selfs in dié tyd en in hierdie "sonderlinge plek" dit moontlik is om "hoog te kan lewe" indien dit geskied in die gees van voortdurende weerstand. Miskien ook sal ons sterwe en iewers ruggelings stort, dat hierdie helder aarde in ons verdonker word. Miskien sal niemand later mooi dinge van ons weet, en nêrens sin te kry wees in al ons stryd en leed, sal elkeen as hy magtloos naby die sterwe lê, net hierdie eensaam wete uiteindelik nog hê: dat ons nie kon gebuig word soos húl geweld dit wou, en dat ons hoog kon lewe net aan ons bloed getrou.2

Palabras clave : lojale verset; transgressie; NP van Wyk Louw; Foucault; Afrikaanse volk; Afrikaans; taal; taalgemeenskap; weerstand; Suid-Afrika; identiteit; kultuurstrewe; volkskritiek; Nietzsche; Afrikanersentrisme; dubbelbinding; letterkunde; vaderland; nasionalisme; moraliteit; limiet; normalisering; protes; denke van die limiet".

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons