Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.60 no.4-2 Pretoria dic. 2020
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a13
REDAKTEURSNOTA
Die Byderhand-Pionierprojek, soos 'n mens al uit die naam kan vermoed, is 'n heel besonderse onderneming. Gesetel in Worcester, in die Breëriviervallei in die Wes-Kaap, behels die projek multimodale literatuurinstallasies, wat ook toeganklik is vir siggestremdes. Aan die een kant is dit as 'n voobeeld van toegepaste elektroniese literatuurstudie die neerslag van gevorderde akademiese navorsing; maar aan die ander kant het samewerkingsverhoudings met verskeie partye daartoe bygedra dat die praktiese uitvoering daarvan met groot sorg en kundigheid geskied het. Dit is, met ander woorde, soos die outeurs dit eksplisiet stel, 'n voorbeeld van 'n deelnemende projek "as praktiese toepassing van navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid". Die totstandkoming van 'n multisensoriese tuin in Worcester en die skep van digitale literatuur, soos verhale en gedigte, word in die drie artikels in hierdie afdeling uiteengesit. Franci Greyling, Suna Verhoef en Gustav Tempelhoff skets die totstandkoming, konseptualisering en uiteindelike volvoering van die projek. In die daaropvolgende artikels fokus Bernard Odendaal en Fransi Greyling op die plasing van gedigte en verhale in die tuin. Vermeldingswaardig is die deurgaanse fokus op die kernbydrae van siggestremdes, as volwaardige vennote in die totstandkoming en beplanning van alle aspekte van die projek.
Beskou vanuit 'n ander hoek, kan hierdie projek saamgelees word met die fokus op die kwesbaarheid van kinders in die konteks van Suid-Afrikaanse huishoudings en families. Dit illustreer, sy dit dan nie binne gesinsverband nie, hoe verbeeldingryke samewerking tussen universiteite, skole en die breër gemeenskap een tipe gestremdheid kan verlig.
Ina Wölfaardt-Gräbe
Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
November 2020