SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Social resilience, structural vulnerability and capabilities in Genadendal, South AfricaThe Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PISANI, Kobus. Die Grondwet, kerke en gays se regte: Suid-Afrikaanse gevallestudies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.193-210. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a12.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm gay persone teoreties teen onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie. In die praktyk word die grondwetlike waarborg van beskerming teen diskriminasie gereeld negeer, onder meer in kerke se indiensnemingspraktyke. Hierdie artikel ontleed twee gevallestudies waar werknemers van kerke hul werkgewers hof toe geneem het oor beweerde onbillike diskriminasie op grond van hul seksuele oriëntasie. In beide gevalle was die opweging van grondwetlike regte, spesifiek die reg op gelykheid teenoor die regte op vryheid van godsdiens en van assosiasie, op die spel. Weliswaar het die twee sake uiteenlopende uitkomste gehad, maar in beide gevalle het dit geblyk dat Suid-Afrikaanse howe onwillig bly om in die leerstellings en interne sake van kerke in te meng en verkies om hulle uitsprake te beperk tot die kerke se korrekte en billike toepassing van hul eie beleid en prosedures. Dus is gay persone wat die burgerlike howe nader oor onbillike diskriminasie nie op grond van grondwetlike waarborge vanselfsprekend verseker van sukses nie. Interne skikking binne die kerke bly die voorkeuropsie vir die beslegting van sulke geskille. Internasionaal en in Suid-Afrika is daar 'n positiewe tendens dat houdings ten gunste van gay regte vinnig veld wen in die samelewing, insluitende godsdiensgemeenskappe, en dat selfs in konserwatiewe hoofstroomkerke gelyke regte vir gays spoedig 'n realiteit behoort te wees.

Palabras clave : gays; Suid-Afrika; Grondwet; kerke; gelykheid; godsdiensvryheid; burgerlike howe; verstrengelingsleerstuk.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons