SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número4The Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in AfrikaansThe source text for the 2020 Afrikaans translation of the New Testament índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DUVENAGE, Pieter. Taal as wêreldontsluiting: 'n Krities-waarderende interpretasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.692-705. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a5.

Die fokus van hierdie bydrae is die kwessie van taal as wêreldontsluiting. Sentrale vrae in dié opsig is: Wat is die rol van taal in die samelewing? Is taal bloot 'n instrument wat die mens na goeddunke kan gebruik of is daar meer op die spel? Hoe moet daar oor taal gedink word in kontemporêre samelewings en veral demokrasieë? Om hierdie vrae te beantwoord, val die bydrae in drie afdelings uiteen. In afdeling 1 word Heidegger se opvatting van taal by wyse van 'n onderskeid tussen wêreldontsluiting 1 en wêreldontsluiting 2 geïnterpreteer. In dié opsig speel Heidegger se Kehre in die 1930's 'n belangrike rol. Afdeling 1 eindig met drie punte van kritiek wat teen Heidegger se begrip van wêreldontsluiting - en veral wêreldontsluiting 2 - geopper kan word. In afdeling 2 word Habermas se reaksie op Heidegger, naamlik sy kommunikatief-rasionele opvatting van geldigheidsaansprake, krities gerekonstrueer. Dit gaan hier veral oor sy kritiek op Heidegger se taalopvatting, as wêreldontsluiting 2, na sy Kehre in die 1930s. Hierdie afdeling word eweneens met drie punte van kritiek op Habermas se taalopvatting afgesluit. In die laaste afdeling (3) word daar tussen die onderskeie posisies van Heidegger en Habermas bemiddel, maar ook daarby verbybeweeg. Die punt hier is dat dit nie nodig is om wêreldontsluiting en geldigheidsaansprake in wedersyds eksklusiewe terme, soos beide Heidegger en Habermas neig, te maak nie. Uiteindelik eindig die bydrae met 'n bespreking van die politieke en estetiese implikasies van die voorafgaande bespreking - ook met verwysing na die komplekse aard van multikulturele demokrasieë.

Palabras clave : geldigheidsaansprake; Heidegger; Habermas; Kehre; kommunikatiewe rasionaliteit; openbare sfeer; wêreldontsluiting 1; wêreldontsluiting 2.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons