SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número4Translators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 MaccabeesLiterary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KEMP, Chanelle; PIENAAR, Anita E  y  DU TOIT, Dorita. Skoolgebaseerde bewegingsontwikkelings-programme en die motoriese behendigheid van graad 1-leerders: Die NW-CHILD-studie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.791-811. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a10.

Navorsing toon dat skoolbeginners gereeld onvoldoende motoriese behendigheid toon. Die doel van die studie was om die effek van twee skoolgebaseerde bewegingsontwikkelingpro-gramme, gebaseer op verskillende intervensiebenaderings, op die motoriese behendigheid van Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Die substudie het deel uitgemaak van 'n longitudinale studie wat met Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika begin is (NW-CHILD Studie). Twee skole is vanuit een van die vier skooldistrikte in die studie op 'n beskikbaarheidsbasis vanuit die totale steekproef van 20 skole in een dorpsgebied geselekteer om aan die studie deel te neem. Die skole het aan die intervensie vir 21 weke deelgeneem, en het bestaan uit 75 leerders (Skool 1=40 en Skool 2=35), met 'n gemiddelde ouderdom van 6.66 jaar (+ 0.24 sa). Die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-2 verkorte weergawe is gebruik om motoriese behendigheid te bepaal. Die bewegingsontwikkelingsprogram van Skool 1 het berus op 'n proses-georiënteerde benadering, terwyl Skool 2 'n program gevolg het wat op 'n produk-georiënteerde benadering berus het. Beide bewegingsontwikkelingsprogramme het bygedra tot betekenisvolle verbetering, maar in verskillende motoriese behendigheid subkomponente, wat toegeskryf word aan die benaderings wat in dié programme gevolg is. Die inhoud sowel as die wyse van aanbieding (proses- en taakgeoriënteerd) is beide belangrik om in ag te neem in bewegingsont-wikkelingsprogramme om optimale resultate te verseker Dit is ook belangrik dat spesialiste in die veld van motoriese ontwikkeling sodanige programme moet aanbied om ook leerders met onvoldoende motoriese behendigheid te ondersteun.

Palabras clave : Skoolgebaseerde bewegingsprogramme; motoriese behendigheid; kinders; intervensie; proses-georiënteerde benadering; produk-georiënteerde benadering; fynmotoriese presisie; fynmotoriese integrasie; handratsheid; bilaterale koördinasie; balans; hardloopspoed en ratsheid; boonste ledemaatkoördinasie; krag.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons