SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2NP van Wyk Louw (1906-1970) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DREYER, Johan; VAN DER WALT, Kobus  y  DENTON, Rudy. Die oorsprong van alles: "Dit was aand en dit was oggend". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.192-210. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a2.

Darwin se evolusieteorie wat in die 18e eeu gepubliseer is, was 'n elegante, sinvolle en logiese verklaring van waangenome data. Hierdie teorie is deur die destydse wetenskaplike gemeenskap aangegryp, omdat dit vir die eerste keer 'n alternatief gebied het vir die skeppingsverhaal in die Bybel. Voorstanders van die teorie was oortuig daarvan dat die ontstaan en verskeidenheid van lewe op aarde volledig deur evolusie en natuurlike seleksie verklaar kon word. Die evolusieteorie het mettertyd normatiewe status verwerf, wat daartoe gelei het dat die totaliteit van die menslike kennis deur 'n filter van ewekansige toeval geïnterpreteer is. Teenstanders van hierdie materialistiese praktyk is in baie gevalle gebrandmerk as randfigure. Sedertdien het die natuurwetenskap en die tegnologie egter dramaties ontwikkel en nuwe waarnemings op die makro-, sowel as op die mikrovlak, het gelei tot 'n groeiende aantal vrae wat nie deur 'n onbegeleide, willekeurige meganisme verklaar kan word nie. In hierdie artikel (die eerste van vier artikels oor hierdie onderwerp) word enkele voor-beelde van sodanige empiriese gegewens voorgehou. Die sentrale teoretiese uitgangspunt is dat kontemporêre waarnemings in alle dissiplines van die natuurwetenskap, die beste verklaar word deur die bestaan en betrokkenheid van God in die skepping. Akademiese integriteit verg dat daar afgewyk moet word van 'n normatiewe materialisme (wat by voorbaat enige metafisiese interpretasies uitsluit), wat tans nog wyd aangehang word. Die outeurs se vertrekpunt is 'n Reformatoriese4 verstaan van die werklikheid. Die vier artikels het almal dieselfde struktuur, naamlik 'n probleemstelling, 'n natuurwetenskaplike bespreking, 'n verkenning oor watter inligting die Bybel oor die verskillende onderwerpe aanbied, afgesluit deur 'n gevolgtrekking. Die artikelreeks is veronderstel om 'n breë, kritiese beskouing van die onderwerp van normatiewe materialisme in die natuurwetenskap te verskaf en geen nuwe navorsingsresultateper se word aangebied nie. Die insigte waartoe gekom word in die onderskeie gevolgtrekkings is egter wel uniek en die outeurs is van mening dat dit 'n bydrae lewer tot die bestaande kennis oor die verband tussen geloof en wetenskap.

Palabras clave : skepping; kreasionisme; normatiewe materialisme; onbegeleide proses; ewekansige proses; intelligente ontwerp; God; evolusie; toeval; Oerknal; heelal; lewe; geloof en wetenskap.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons