SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Diamond jubilee of decimalisation: 60 years of South African rand and centAn assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN ROOY, Herrie. 'n Beoordeling van tekskritiese voetnote in die boek Esegiël in die 2020-vertaling van die Bybel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.488-505. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a7.

Die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans is 'n direkte vertaling wat bronteksgeoriënteerd is. Die vertalers het 'n spesifieke bronteks gebruik, maar soms was daar onduidelikhede in die bronteks wat deur die toepassing van tekskritiese beginsels opgelos kon word en in voetnote verduidelik is. Hierdie bydrae bespreek die boek Esegiël as voorbeeld. Die bespreking gee kortliks aandag aan die aard van die 2020-vertaling en bespreek die tekskritiese benadering wat in die vertaling van die Ou Testament gevolg is. Hierna kom die teksgeskiedenis van Esegiël aan die orde, gevolg deur 'n kort bespreking van die bronne wat vir die tekskritiese beoordeling van die teks van die boek gebruik is. Ná 'n oorsig oor die tekskritiese voetnote in die vertaling volg 'n bespreking van 'n verteenwoordigende aantal voorbeelde. Daar is 144 sulke voetnote in die boek. Die voetnote word bespreek in sewe groepe wat verband hou met veral die gebruik van die antieke vertalings van die Septuagint, die Targum, die Vulgaat en die Pesjitta om probleme op te los. Die voetnote in die boek Esegiël dui ook op die wisselende aard van die problematiek. Probleme hou dikwels verband met onbekende woordeskat, maar ook met probleme wat gedurende die teksoorlewering ingesluip het. In sommige gevalle bied die teksgetuies 'n duidelike oplossing, terwyl daar in ander gevalle meerdere moontlikhede bestaan. Die benadering van die 2020-vertaling tot tekskritiese probleme is om so ver moontlik by die Masoretiese teks te bly. Die voetnote getuig van 'n verantwoordelike hantering van tekskritiese probleme.

Palabras clave : 2020-vertaling; antieke vertalings; Bybelvertaling; direkte vertaling; Esegiël; Masoretiese teks; Ou Grieks; Pesjitta; Septuagint; Targum; tekskritiek; tekskritiese benadering; vertaalvoetnote.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons