SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    BECKER-FERREIRA, Anel  y  VAN ECK, Ernest. Die "ander": Lukaanse Jesus en Lévinas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.737-755. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a1.

    Emmanuel Lévinas se filosofie van die "ander" word ondersoek en in gesprek gebring met hoe die Lukaanse Jesus sy "ander" hanteer het. Die fokus van Lévinas se filosofiese werke is die voorrang van 'n etiese verhouding van die "self' met die "ander". Deur gebruik te maak van die sosiaalwetenskaplike metode, word Jesus se gesindheid en optrede teenoor sy "ander" in die evangelie van Lukas oorweeg. Jesus skep nuwe koninkrykswaardes en sluit mense wat "anders" was in die familie van God in. In hierdie nuwe koninkryk word grense en vooroordele wat deur etnisiteit, geslag, status en ouderdom geskep word, tot niet gemaak. Die raakpunte tussen Jesus se hantering van die "ander" vanuit 'n seleksie van Lukaanse tekste en Lévinas se filosofie, word bespreek. 'n Voorstel oor wat Suid-Afrikaners oor andersheid, gelykheid en diversiteit kan leer en 'n benadering om buitestanders te omhels, word gemaak.

    Palabras clave : Emmanuel Lévinas; Jesus; sosiaalwetenskaplike metode; evangelie van Lukas; diversiteit; andersheid; vreemdeling; wederkerigheid; herstel; sosiale geregtigheid; liefde; verantwoordelikheid; menslikheid; vriendelikheid; naaste.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )