SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

EKSTEEN, Riaan. Nasionalisering van die Suezkanaal en die gevolg-like internasionale reperkussies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.756-780. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a2.

In 1956 het Nasser met sy besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer die wêreld se aandag onherroeplik op hom gevestig. Die internasionale krisis wat daarna gevolg het, het vrede in die Midde-Ooste ernstig bedreig. Brittanje en Frankryk se besluit om 'n aanval teen Egipte te loods terwyl Israel toe reeds militêr betrokke was, was ondeurdag en sinneloos. Dié fiasko het hul diplomatieke isolasie vererger. Die toenmalige Britse eerste minister, Sir Anthony Eden, wou Nasser ten alle koste uit die weg ruim, maar in die proses is sy eie loopbaan en reputasie vernietig. In Januarie 1957 het Sir Harold Macmillan hom opgevolg. Die alliansie tussen Brittanje en die VSA is erg geknou. Brittanje se finansiële en militêre swakhede is ontbloot en met die Eisenhower-doktrine het die VSA meer direk betrokke geraak by die gebeure. Groter betrokkenheid deur die Sowjetunie het die wedywering tussen die twee moondhede verder laat toeneem. Vir Nasser was die Suezkrisis 'n groot sukses. In die Arabiese wêreld het hy na vore getree as die nuwe messias. Lande wat die koloniale juk wou afskud, het hul politieke heil by Nasser gaan soek. Op 28 September 1970 sterf hierdie legendariese figuur - hy was 53 jaar oud. Sy impak op die internasionale toneel vibreer vir nog baie dekades daarna. Die Suezkrisis kan nie as 'n geïsoleerde gebeurtenis in politieke geskiedenis beskou word nie.

Palabras clave : Brittanje; Dulles; Eden; Egipte; Eisenhower; Frankryk; Israel; Macmillan; Midde-Ooste; militêre optrede; Nasser; Sowjetunie; Suezkanaal; Verenigde State van Amerika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons