SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslationThe Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in Afrikaans índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BOSMAN, Jan  y  DUVENHAGE, André. Die Afrikaner-Broederbond en die totstandkoming van 'n onderhandelde skikking: 'n Histories en polities strategiese perspektief*. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.781-803. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a3.

Die beëindiging van apartheid deur 'n onderhandelde skikking tussen politieke rolspelers, wat gelei het tot die nuwe Suid-Afrikaanse politieke bedeling, word allerweë as merkwaardig beskou. Die proses het nietemin nie in 'n vakuum plaasgevind nie. Ander rolspelers buite die politieke omgewing het 'n pertinente rol gespeel in die verandering in denke in die Afrikaner-establishment om 'n klimaat te skep waarbinne staatkundige hervormings kon plaasvind. Een van die rolspelers was die Afrikaner-Broederbond (AB). Hierdie studie lig die rol van die Afrikaner-Broederbond uit by wyse van 'n historiese stelselanalitiese perspektief as teoretiese model vir die navorsing. Die Afrikaner-Broederbond was vanaf 1948 tot in die vroeë 1990's 'n integrale deel van die Suid-Afrikaanse politieke stelsel. 'n Politieke stelsel word vir die doeleindes van hierdie artikel gedefinieer as die interaksie waardeur waardes gesaghebbend aan 'n gemeenskap toebedeel word. Deur die direkte en indirekte ondersteuning van die Nasionale Party tot in die vroeë 1990's het die Afrikaner-Broederbond as 'n Afrikanerbelange-organisasie en dinkskrum aan die insetkant tot die stelsel 'n pertinente rol gespeel.

Palabras clave : Afrikaner; Afrikaner-Broederbond; Afrikanerbelange; skikking; basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner; belangegroep; dinkskrum; onderhandelinge; referendum; stelselanalise; onderhandelde skikking.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons