SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SPANGENBERG, Izak. Die Bybel, die Christelike geloof en die natuurwetenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.947-970. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a11.

In hierdie artikel word die kwaliteit beoordeel van die navorsing wat in die vier artikels, gepubliseer onder die tema "Geloof en Wetenskap" in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(2):192-261 tot uitdrukking kom. As vertrekpunt dien die oortuiging dat alle standpunte en menings rasioneel en krities beoordeel moet word om die feitelikheid, oftewel waarheidsgehalte daarvan te bepaal. In die ondersoek word die wetenskaplike navorsingsproses in ag geneem en die standpunt verdedig dat natuurwetenskaplike en geesteswetenskaplike navorsing nie wesenlik van mekaar verskil nie. Dit wys die standpunt van die navorsers af dat geesteswetenskaplike navorsing vanuit bepaalde geloofsvoorveronderstellings gedoen mag word. Daar word verder geargumenteer dat waarheid en geskiedenis ten nouste met mekaar saamhang, want wat in een eeu waar mag wees, kan in 'n volgende eeu as onwaar bewys word; daarom is 'n historiese bewussyn van die allergrootste belang. Die gebrek aan 'n sodanige bewussyn kan navorsers duur te staan kom, omdat hulle uitsprake kan maak en standpunte kan inneem wat histories nie korrek is nie. Die navorsers van die onderhawige artikels se poging om te bewys dat Genesis 1-3 met die moderne natuurwetenskaplike resultate versoen kan word, is onoortuigend, omdat hulle nie die historiese en kulturele kontekste van dáárdie verhale in ag neem nie. Voorts lees die navorsers hul oortuigings in die tekste in en laat sodoende die Bybel buikspreek.

Palabras clave : Christelike godsdiens; natuurwetenskappe; Bybelse skeppingsverhale; Genesis 1-3; wetenskaplike navorsingsproses; Bybelwetenskaplike navorsing; evolusie-teorie; paradigmas; paradigmaveranderinge; hipo-teses; teorieë; waarheid; etiologiese verhale; Pre-Adamiete; Intelligente Ontwerp.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons