SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Health SA Gesondheid (Online)

    versión On-line ISSN 2071-9736versión impresa ISSN 1025-9848

    Resumen

    LACK, Melanie L.; BRUCE, Judith C.  y  BECKER, Piet J.. Weighting of items in a tutorial performance evaluation instrument: Statistical analysis and results. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.2-6. ISSN 2071-9736.

    Die waardebepaling van items in 'n evalueringsinstrument dra by tot 'n meer betekenisvolle en geldige interpretasie van studente se vermoë ten opsigte van elke leeruitkoms of item wat geassesseer word. Hieruit volg dit dat die geldigheid van instrumente belangrik is vir betekenisvolleafleidings betreffende studente se leervermoë, insluitend hulle prestasie in leergroepe. Die Delphi-tegniek is gebruik in rondtes een en twee om kundiges se subjektiewe oordeel oor die inhoudsgeldigheid van items in die leergroepgedragsevalueringsinstrument te bekom. 'n Steekproef van agt kundiges (n = 8) is deur doelgerigte, maksimale-variasiesteekproeftrekking gekies. Die kundiges het in rondte drie van die Delphi-tegniektoepassing deur middel van gepaarde vergelyking 'n waarde bepaal vir elk van die instrumentitems, sub-items en Likertskaalpunte. Die wiskundige modellering van kundiges se waardebepalingsvergelykings, aangeteken op visuele analogiese skale, het proporsionele gewigte vir elke item tot gevolg gehad. Hierdie gewigte word persentasiegewys voorgestel. Die finale instrument het bestaan uit items wat gemeet word teen 'n graderingskaal met punte wat nie op 'n gelyke afstand van mekaar is nie. 'n Rekenaargebaseerde leergroepgedragsevalueringsinstrument is ontwikkel vir die akkurate, ekonomiese en doeltreffende berekening van studente se punte. Die doel van die artikel is om verslag te lewer oor die statistiese analise en resultate van die waardebepaling van items in 'n instrument om baccalaureate-verpleegkundestudente se prestasie in probleemgebaseerde leergroepe te meet en te evalueer.

    Palabras clave : weighting; tutorial performance; problem; - based learning; evaluation instrument; statistical analysis; Delphi technique.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )