SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Factors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-NatalValue-sensitive clinical accompaniment in community nursing science índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

MAREE, Johanna E.. Yes, breast cancer related lymphoedema can be managed. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Die doelstelling van die studie was om te demonstreer dat borskanker-verwante limfedeem deur middel van Volledige Dekompressie Terapie beheer kan word wat gevolglik die pasiënt se lewenskwaliteit verbeter. 'n Instrumentele gevallestudie-ontwerp is gevolg. Die populasie waaruit die geval gekies is, het uit alle vroue met borskanker-verwante limfedeem in Tshwane, die konteks van die studie, bestaan. Die pasiënt met die ergste limfedeem wat die navorser behandel het, word voorgedra. Gekombineerde metode is ingespan om data in te samel. Die verwagte 60% vermindering in die armedeem binne 4 weke van induksie behandeling is nie bereik nie. Na 8.5 weke van behandeling het die edeem van die oorspronklike 3841 mL tot 1639 mL verminder wat 'n 57.2% reduksie verteenwoordig. Die pasiënt het nie die voorskrifte ten opsigte van dekompressie terapie noukeurig nagekom nie, wat terugvalling en 'n verlengde induksie-fase tot gevolg gehad het. Die vermindering van die armedeem het die pasiënt se lewenskwaliteit nogtans positief beïnvloed. Die studie het aangetoon dat, ten spyte van pasiënt afvalligheid, dit moontlik was om borskanker-verwante limfedeem deur middel van Volledige Dekompressie Terapie te verminder en lewenskwaliteit te verbeter.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons