SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectivesDepth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

SENGANE, Malmsey L.M.  y  NOLTE, Anna G.W.. The expectations of fathers concerning care provided by midwives to the mothers during labour. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Vroedvroue word daarvan beskuldig dat hulle nie voldoen aan die verwagtinge en behoeftes van die vaders nie. Vaders word, óf deur hulle geïgnoreer, óf druk word op hulle uitgeoefen om meer betrokke te raak as waarmee hulle gemaklik is, indien hulle wel toegelaat word om moeders te ondersteun tydens die kraamproses. Vroedvroue verskaf moeder-gesentreerde sorg, maar dit is nogtans belangrik dat hulle onthou om die vaders te betrek in die besluitneming en hulle rol, verwagtinge en behoeftes te erken omdat die geboorte van 'n kind een van die belangrikste gebeurtenisse in hulle lewens is. Die studie het gefokus op vaders se verwagtinge van die sorg wat verskaf word aan moeders tydens kraam. 'n Kwalitatiewe, eksploratiewe, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gebruik. Data is ingesamel deur in-diepte onderhoude met vaders te voer oor die sorg wat aan hul vroue of metgeselle tydens die kraamproses verskaf word deur vroedvroue. Data is daarna geanaliseer deur 'n oop beskrywende metode te gebruik wat toepaslik is vir kwalitatiewe navorsing. Die resultate van die onderhoude is vervolgens geposisioneer binne 'n holistiese, gesondheids-bevorderende teorie wat verwys na liggaam, psige en gees. Die resultate toon dat gemak en ondersteuning die twee hoofkategorieë is wat verskaf moet word deur vroedvroue aan moeders tydens die kraamproses. Die ander kategorieë wat aangedui word in die resultate, is dat vroedvroue hulle onderlinge kommunikasievaardighede moet verbeter, asook hul kommunikasie met die moeders en vaders indien laasgenoemde beskikbaar is. Die vaders het van vroedvroue verwag om hulle aan te moedig om moeders by te staan tydens die kraamproses en om binding tussen vader, moeder en baba aan te moedig.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons