SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1A complicated grief intervention modelAdaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

WILLEMSE, Juliana J.  y  KORTENBOUT, Elma W.. Undergraduate nurses' experience of the family health assessment as a learning opportunity. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Die praktyk van gemeenskapsgesondheidverpleging (GGV) het die potentiaal om die lewenservaringe van families en gemeenskappe te verryk, veral in arm en voorheen benadeelde gemeenskappe. GGV verskaf 'n dieper begrip met betrekking tot die welstand van families in hulle gemeenskappe, byvoorbeeld, waar en hoe hulle leef, hul kultuur en hulle vermoë om beskikbare hulpbronne te identifiseer om sodoende hulle gesondheid te bevorder (Allender, Rector & Warner 2010:17). Hierdie kwalitatiewe fenomonologiese studie is 'n refleksie op die self-gerapporteerde persoonlike ervaringe van voorgraadse gemeenskapsgesondheidverpleging studente (VGVS) verbonde aan die Universiteit van Wes Kaapland, in Kaapstad, Suid-Afrika. Hierdie studente het as 'n werksopdrag 'n familie gesondheidsberaming (FGB) by wonings van gesinne in die gemeenskap voltooi. 'n Gerieflijkheids- en doelgerigte steekproefneming is gedoen met studente wat die FGB voltooi het. Veertien studente het ingestem om aan die studie deel te neem, waarvan daar onderhoude met nege gevoer is. Twee studente het onttrek en die oorblywende drie is nie genader nie weens die feit dat daar geen nuwe data na vore gekom het nie, wat daarop dui dat saturasie bereik was. Data vir die verkenning van persoonlike ervaringe is deur in-diepte onderhoude met sewe vroulike en twee manlike studente ingesamel deur die volgende vraag te vra: 'Wat was jou ervaring met die voltooing van die FGB?' Veldnotas was geneem om nie-verbale kommunikasie van die studente aan te teken. Die fokus van die studie was gerig om die persoonlike ervarings van die VGVS te verken met verwysing na die FGB wat hulle voltooi het. Die fokus was nie gerig op die ondervindinge van die familie op wie die FGB gedoen is nie. Die ingesamelde data is in temas gekategoriseer volgens die sistematiese data analitiese proses van Tesch (1990), soos omskryf in Cresswell (2003:192). Vier temas is geïdentifiseer naamlik: uitdagings ten opsigte van die keuring van 'n geskikte familie: uitdagings ten opsigte van veiligheid, sosio-kulturele uitdagings en akademiese uitdagings soos ervaar is deur die deelnemende studente. Die belangrikheid van die studie is om toekomstige navorsing en kurrikulumbeplanning in gemeenskapsgesondheidverpleging binne 'n diverse konteks te bevorder.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons