SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Health SA Gesondheid (Online)

    versión On-line ISSN 2071-9736versión impresa ISSN 1025-9848

    Resumen

    CHOKWE, Mmajapi E.  y  WRIGHT, Susan C.D.. Caring as a core concept in educating midwifery learners: A qualitative study. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

    Omgee is die kernwaarde van 'n verpleegkundige en vroedvrou. Omgee behels 'n verhouding waar die person wat omgee verbind is om in die behoeftes van die een wat sorg benodig te voldoen (Mason-Whitehead, Mcintosh, Bryan & Mason). Omgee is die emosie wat die vroedvrou noop om om te gee, om 'n person te help groei en self-aktualiseer (Watson). Die kwelpunt in verloskunde is dat ongeag van die sentrale belang van omgee vir verloskundiges, die teoretiese onderig oor omgee nie altyd uitgeleef word in die praktyk nie. 'n Kwalitatiewe ondersoekende studie het die wyse ondersoek waarop vroevrou opvoerders die vaardigheid om om te gee, oordra tydens teoretiese en kliniese begeleiding, ten einde te reageer op die plaaslike en internasionale algemene klagte, dat vroedvroue nie omgee nie. Om omgee tydens teoreties en kliniese onderrig vanuit die perspektief van die opvoedkundige verloskundige te ondersoek. Die deelnemers het bestaan uit verloskundige opvoedkundiges wat verloskunde doseer in hoer onderwys institusies in Tshwane, Suid-Afrika. 'n Naïewe skets is gebruik om data in te samel met een sentrale vraag. Drie temas het voortgespuit: die betekenis van omgee; hoe die konsep oorgedra is tydens teoretiese onderrig; en hoe die konsep oorgedra is tydens kliniese onderrig. Alhoewel die verloskundige opvoedkundiges kon verduidelik hoe hulle omgee oorgedra het aan die leerling vroedvroue, was daar geen bewyse van hoe omgee vaardighede evalueer is nie ten einde omgee vaardige vroedvroue aan die professie te lewer.

            · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )