SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1A model for higher education campus health servicesCoping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitus índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

RAZLOG, Radmila; PELLOW, Janice  y  WHITE, Sally J.. A pilot study on the efficacy of Valeriana officinalis mother tincture and Valeriana officinalis 3X in the treatment of attention deficit hyperactivity disorder. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Aandagsgebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) is toenemend 'n algemene gedragsongesteldheid, wat gekenmerk word deur onoplettendheid, impulsiwiteit en hiperaktiwiteit. Daar is vasgestel dat Valeriana officinalis 'n plantaardige medisyne is wat voordelig kan wees in die behandeling van ongesteldhede wat gekenmerk word deur rusteloosheid. Tot op hede is geen navorsing uitgevoer op die gebruik van homeopatiese preparate van Valeriana officinalis vir hierdie ongesteldheid nie. Die doel van hierdie drieweeklange, dubbelblinde, troosmedisyne-gekontroleerde loodsstudie was om die effektiwiteit van homeopatiese Valeriana officinalis Moertinktuur (MT) en 3X sterkte vir die behandeling van AGHS te bepaal. Dertig kinders tussen die ouderdomme van 5 en 11 jaar, wat vantevore gediagnoseer is met OGHO, is gewerf. Valeriana officinalis MT (n = 10), 3X (n = 10) of troosmedisyne (n = 10) is mondeliks drie keer per dag vir twee weke toegedien. Effektiwiteit is gemeet op dag 1 (voor behandeling), aan die einde van weke twee en drie (tydens behandeling), en na die derde week sonder behandeling deur middel van tellings wat behaal is op die Barkley and DuPaul teacher rating scale, die children's checking task en die parent symptom questionnaire. 'n Statisties beduidende verbetering is gevind in die gedrag van die deelnemers in die MT en 3X groepe, in die besonder met betrekking tot volgehoue oplettendheid, angstigheid en impulsiwiteit en/of hiperaktiwiteit. Voorlopige bevindinge dui daarop dat Valeriana officinalis MT en 3X moontlik gebruik kan word in die behandeling van AGHS.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons